Feb 3, 2011

Twilight: Sy het haar prioriteite reg

Die foto laat my sommer weer smile oor die mensdom.

Ek hou net mooi fokol van Twilight, en die girl in die foto voel presies dieselfde.
As jy vra hoekom hou jy nie van dit nie, "dis so 'n goeie storielyn, daar is romance ,spanning en action in"......

Die storielyn val so plat soos Kurt Darren se stem by 'n Sokkiefees en al action wat ek aan kan dink is die tiener meisies hardloop om 'n bioskoop kaartjie aan te skaf vir die tos.

Ek het "romance" spesiaal uitgelos want ek wil hierdie outjie nou mooi verduidelik, Romance is nie amper broeknaai nie, romance is nie saam 'n Lux vel weerwolf lepel le nie, romance is nie 'n diskobal vampire try jags maak nie.

Die enigste spanning wat ek ondervind het was om uit die fokken fliek uit te kom voordat al die girls orgasmes kry omdat die ou spakle nes 'n mond vol trein spore.

Ongelukkig sal Twilight 'n touchy subject bly vir sommige mense, dit pla my nie. Dis net funny vir al sy nominees vir die Razzies( Award show teenoorgestelde van die Oscars, basicly al die kakste movies van die jaar).

TWILIGHT IS BENOEM IN ELKE CATEGORY, AS DIT NIE IETS SE VAN DIE SERIES NIE, DAN LYK MY WEET EK NET MOOI FOKOL.

Ed

No comments:

Post a Comment