Feb 1, 2011

Grappie vir 'n Dinsdag

'n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die oggend deur 'n Harde geklop aan die deur.

Die man staan op en gaan maak die deur oop waar 'n dronkie in die Gietende reën staan.Die ou dronkie sê hy het iemand nodig om hom te help stoot."Dit sal die dag wees, daar is nie 'n manier nie." Sê die man."Dit is drie uur in die oggend." En hy slaan die deur toe en gaan terug Bed toe.

"Wie was dit?" vra sy vrou."Net 'n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help stoot."  Antwoord hy."Het jy hom gehelp?" vra sy."Nee, dit is drie uur, en dit sous daar buite!"Wel jy het 'n kort geheue," sê sy..."Onthou jy drie maande terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens Ons gehelp het?Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te skaam."

Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar aan.Hy gaan uit in die gietende reën en roep uit,"Hallo, is jy nog daar?""Ja." kom die antwoord terug."Het jy nog iemand nodig om jou te stoot?" vra hy."Ja, asseblief." Kom die antwoord uit die donkerte."Waar is jy?" vra die man."Hier op die swing."

(Shot Gordon)

No comments:

Post a Comment