Dec 9, 2010

'n Lekker Joke vir die langpad!


Eendag sit Oupa op die stoep toe Ouma van die kombuis af skree: 'Oupa,
daar is fout met die kleinhuisie!'
(In daardie tyd was dit mos die buitetoilet of longdrop.)

Oupa sê: 'Daar is niks fout met die kleinhuisie nie.'

Maar Ouma sê: 'Daar is. Gaan kyk.'

Nou, in daardie tyd was die man veral baie bang vir sy vrou gewees, so
oupa staan maar op en brom-brom al na die kleinhuisie toe.

Hy kom daar aan en sê: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie
nie.'

Ouma sê: 'Daar is. Gaan in,' en Oupa gaan toe maar in.

Toe hy binne is kyk hy rond, maar sien niks verkeerd nie en sê: 'Ouma,
ek is in die kleinhuisie. Daar is niks verkeerd nie.'

Ouma sê: 'Daar is. Steek jou kop in die gat in..'

Oupa sê: 'Ouma, ek gaan nie my kop in die gat insteek nie.'

Dis daardie tyd wat Ouma haar stem redelik dik maak en sê: 'Oupa, steek
nou jou kop in die gat in' en arme Oupa doen dit nou maar so.. Nou is
Oupa se kop redelik in die longdrop in om te kyk wat fout is.

Oupa skree toe: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie!'

Ouma sê: 'Trek jou kop uit' en oupa trek toe sy kop uit, maar toe haak
sy baard in die gleuwe van die gekraakte houtplanke vas en hy gil
verskrik: 'Ouma, kom help! My baard sit vas!' waarop Ouma antwoord:

'Dis fokken seer, né!!!'

No comments:

Post a Comment